|
Druifkultivars vir Wynbereiding in Suid-Afrika |
 |
|
| Title: Druifkultivars vir Wynbereiding in Suid-Afrika (Afrikaans edition / Afrikaanse uitgawe) |
Author: PG Goussard EAN / ISBN: 978-098027422-6 |
Format: Semi-hard cover, 200 x 255 mm Release date: March 2009 Recommended retail price: ZAR 395.00
|
Click on the link below to contact us and place your order:
|
-
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
|
|
In hierdie inspirerende publikasie verken die skrywer, P.G. Goussard, die komplekse wetenskap van ampelografie en kombineer hy die nuutste navorsingsgewens met jare lange ervaring in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die lesersvriendelike en eenvoudig verstaanbare benadering, gerugsteun deur omvattende vergelykende besonderhede, maak DRUIFKULTIVARS 'n noodsaaklike metgesel vir beide die leek en die wingerdspesialis.
- 'n Deskundige oorsig van ampelografie vir kultivaridentifikasie
- Gedetailleerde besonderhede van meer as 60 rooi- en witwynkultivars
- Uitstekende volkleurfoto's van spruitpunte, blare en trosse vir maklike identifikasie
- Vakkundige aanbevelings oor verbouing vir die bereiding van kwaliteitwyn
- Panele wat met een oogopslag vergelykende besonderhede oor oorsprong, groei en opbrengs verskaf
- Internasionaal erkende sinonieme vir kultivarname
Hierdie boek is nie net vir die wingerdbestuurder en wynliefhebber bedoel nie, maar vir almal met 'n liefde en passie vir die wingerdstok, sy kultuur en die edelprodukte daarvan wat as druiwe en wyn voortgebring word.
|